Welkom
by ons tuisblad!
Die Hugenotestigting van Suid-Afrika
is 'n oorkoepelende vrywillige liggaam wat drie afsonderlike organisasies
operasioneel saamsnoer, naamlik
Die
lede van die Hugenotevereniging
van Suid-Afrikabeywer hulle vir die bewaring en bevordering van
die Hugenote-erfenis in Suid-Afrika, en onderneem navorsing oor die geskiedenis
en genealogie van Hugenotefamilies in Suid-Afrika. |
.
Die
Hugenote
Gedenkmuseum word beheer deur 'n Raad van Trustees wat deur die
Regering van die Weskaap Provinsie aangestel is, en wat sorg vir die doeltreffende
funksionering van die museumkompleks. Die Museum is al hoe meer afhanklik
van eie inkomste. |
.
Die
Hugenotemonument
in Franschhoek word beheer deur 'n Beheerraad wat omsien na die instandhouding
van die monument en die omringende tuine. Die lede van die Beheerraad word
aangestel deur die Hugenotestigting van SA |
..
'n Afsonderlike
liggaam sonder winsbejag, die Hugenotetrust
van Suid-Afrika, is die wettige eienaar
van die geboue waarin die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek, Wes-Kaap,
gehuisves is; die inhoud van die museum, sowel as die gronde waarop die
Hugenotemonument opgerig is. Dit dien ook as 'n fondswerwingsliggaam vir
die Stigting en behartig sy beleggings.
Hugenotestigting van Suid-Afrika
Posbus 293
Franschhoek 7690
Suid-Afrika
Tel: (021) 876-2598
Fax: (021) 876-3649
E-pos: hugenoot@museum.co.za
|