Doelwitte
van die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika:
Die
Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika is op 12 Maart 1953 gestig, en beywer
hom vir die bewaring en uitbouing van die Hugenote erfenis deur:
-
die Hugenote
Monument en Museum te Franschhoek in stand te hou;
-
die besef
van die betekenis van die Hugenote se vestiging in Suid-Afrika lewend te
hou;
-
die navorsing
van ons Hugenote-verlede veral ten opsigte van geskiedenis en ondersteuning
van genealogiese navorsing;
-
die publikasie
van genealogieë van Suid-Afrikaanse families van Hugenote-afkoms te onderneem;
-
die aanmoediging
van die bewaring, bekendstelling en finansiering van Hugenote-erfstukke
in die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek; en
-
die organisering
van herdenkingsbyeenkomste.
-
verbinding
te soek met Hugenote-verenigings in die buiteland.
Gedenk-posseëls
vir die 250ste herdenking van die koms van die Hugenote na die Kaap van
Goeie Hoop,
uitgegee op 17 Julie 1939
Hugenote gedenk-posseëls
en -stempel vir die 300ste herdenking van die koms van die Hugenote na
die
Kaap van Goeie Hoop, uitgegee
op 13 April 1988

Gereelde
Aktiwiteite
-
Sedert
1953 publiseer die Hugenote-Vereniging van SA elke jaar in September 'n
Hugenote Bulletin waarin lede se navorsing en veral genealogiese artikels
vervat is. Die redaktrise is Mev Biebie
van der Merwe. Sien hieronder vir 'n kompakskyf wat alle uitgawes van
die Hugenote-Bulletin van 1963 - 2004 bevat.
-
Tydens
Hervormingsfees (die laaste week van Oktober) vind die Algemene Jaarlikse
Vergadering van lede in Franschhoek plaas, as deel van die Hugenotefees
wat in Franschhoek gehou word.
Lidmaatskap
van die Vereniging is oop vir almal wat hulle met die doelstellings van
die vereniging vereenselwig en voldoen aan die vereistes van die grondwet
van die Vereniging. Lidmaatskapgelde is soos volg:
-
Gewone
lid (binnelands in SA): R50 p.j.
-
Lewenslid
(binnelands in SA): R300 eenmalig
-
Egpaarlid
(binnelands in SA): R400 eenmalig
-
Buitelandse
lid: VSA $30 p.j. of $150 eenmalig (lewenslid)
U kan
'n aansoekvorm vir lidmaatskap van die Hugenotevereniging van SA aflaai
deur hier te klik.
'n Pamflet oor die werksaamhede van die Vereniging (en aansoekvorm) kan
afgelaai word deur hier te klik.. '
|
Hugenote-bulletin
Argief 1963—2004
Die
Bulletin van die Hugenote Vereniging van SA word jaarliks uitgegee en bevat
artikels wat fokus op die geskiedenis, erfenis en genealogie van die Hugenote,
en bepaald die Hugenote wat hulle in Suid-Afrika gevestig het. Artikels
oor die familiegeskiedenis en genealogie van Hugenote-vanne verskyn daarin.
Sedert 1994 fokus die Bulletin
telkens in agtereenvolgende jare op een of ander Hugenote-familie. Die
volgende vanne is reeds behandel: Marais (1994), Cilliers (1995), Viljoen
(1996), Joubert (1997), Malherbe (1998), Cronjé (1999), Retief (2001),
Fourie (2003), Buys (2004), Rossouw/Rousseau (2005), Mouton (2006), Fouché (2007),
Nel (2008), Vivier (2009), Du Plessis (2010) en Bruwer (2011). Die 2002 uitgawe is gewy aan referate wat
tydens die 3de Internasionale Hugenote-konferensie wat in Stellenbosch
en Franschhoek gehou is, gelewer is. Ander Hugenote-vanne wat dikwels figureer
is Jordaan, Malan, De Villiers en Naudé.
‘n Kompakskyf wat alle uitgawes
bevat van die Bulletin sedert die eerste uitgawe van 1963, tot en met 2004,
is nou beskikbaar.
Die KS is beskikbaar teen
'n koste van R120.00 ($20.00) + posgeld (binne Suid-Afrika, R20.00 - alle
ander plekke $7.00). Kontak die Hugenote-Vereniging
van SA vir besonderhede van betaling. |
.
|
Familie
De Villiers Genealogie op KS
Die
Familie De Villiers Genealogie volumes 1 en 2 is oorspronklik in 1997 gepubliseer,
en is gebaseer op navorsing wat uitgevoer is deur die baanbreker genealoog
Christoffel C de Villiers, en voortgesit deur die legendariese prof Con
de Villiers. Laasgenoemde het sy navorsing aan die Hugenote Gedenkmuseum
in Franschhoek nagelaat, waar die monumentale werk deur Juna Malherbe en
Alet Malan voltooi is. Die oorspronklike oplaag is spoedig uitverkoop,
maar is nou op kompakskyf (KS) beskikbaar en bevat meer as 20 000 De Villiers
familiename en meer as 10 000 eggenotes. Die KS is in Folioviews formaat
wat 'n kragtige soekenjin insluit om soektogte na bepaalde indiwidûe
te vergemaklik.
Die KS is beskikbaar teen
'n koste van R250.00 ($42.00) + posgeld en verpakking (binne Suid-Afrika,
R20.00 - alle ander bestemmings $7.00). Kontak die Hugenote-Vereniging
van SA vir besonderhede van betaling. |
.
|
Hugenote
Kantate Op 51 op kompakskyf
As
deel van die vierings in 1988 van die 300ste herdenking van die aankoms
van die Hugenote in Suid-Afrika, is die vermaarde komponis Hubert du Plessis
deur die Hugenote-Vereniging van SA versoek om die
Hugenote Kantate opus 51 te komponeer. Die librettis was
Ode
Krige.
Die kantate is drie keer
uitgevoer in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad deur die Kruik-orkes en
Operakoor, en SAUK kamerkoor, met Virginia Oosthuizen (sopraan),
Renée
Rakin (alt), Sjoerd Beute (tenoor) en Peter Kramer (bas)
as soliste. Die dirigent was Richard Cock.
’n Opname van die uitvoerings
het behoue gebly en is tegnies verwerk om as kompakskyf beskikbaar te stel
deur die Hugenote-Vereniging van SA.
Oor die kantate skryf die
komponis Hubert du Plessis soos volg:
“Ek het aan myself
die volgende eise gestel: geen resitatiefpassasies nie; die gebruik van
'n orkes met 'n oorwegende barok-klank (klarinette en horings is dus afwesig,
en ook pouke - klokke was uiteraard noodsaaklik); soveel kontraste as moontlik;
spesiale aandag aan die solo-alt.
“Benewens wou ek oorwegend
eenvoud nastreef, die musiek verteenwoordigend van sowat tien eeue. Die
invoeging van bestaande komposisies, ten volle of gedeeltelik, was vir
my 'n vereiste terwille van hul simboliese trefkrag. Die keuse van 'n paslike
Hugenote-psalm vir elk van die drie dele - Vervolging, Vlug, Vestiging
- was uit die staanspoor vanselfsprekend.”
Die werk bestaan uit drie dele:
Vervolging
(26 min), Vlug (16 min) en Vestiging (19 min). Die kompakskyf
bevat ’n pamflet met die volledige libretto sowel as ‘n verduideliking
deur die komponis van die simboliek van talle aanhalings en teksverwysing.
Vir Engelssprekendes is die libretto in Engels vertaal en word dit ingesluit
in ’n spesiale uitgawe van die kompakskyf, ofskoon die uitvoering in Afrikaans
geskied.
Die prys is R90 plus
posgeld en verpakking (R20 binne die RSA, R30 buiteland) en bestellings
kan geplaas word by die Hugenote-Vereniging
van SA |
.
|
Theron
Geslagsregister
Die
Theron
Geslagsregister is saamgestel deur dr C.G. (Chris) Theron en verwerk
vir publikasie deur Jeanette Theron en Andries Nieuwoudt, met 'n geskiedkundige
agtergrond oor die Theron familie in Suid-Afrika geskryf deur dr J.N. (Hannes)
Theron. Dit verskyn as publikasie no 2 in die Genealogiereeks van die Hugenote-Vereniging
van Suid-Afrika.
Die publikasie bestaan uit
twee volumes en 'n kompakskyf:
Vol 1 (372 bladsye) bevat
'n geskiedkundige oorsig, 'n bydrae oor die Theron familiewapen, fotos
(sommige in kleur) van die Therons in Suid-Afrika, en 'n naamindeks van
Therons en aangetroudes;
Vol 2 (505 bladsye) bevat
die genealogie van die Therons in Suid-Afrika, soos oorspronklik saamgestel
deur dr Chris Theron.
Die stel van twee boeke
gaan saam met 'n kompakskyf wat die naamindeks van Therons en aangetroudes
bevat (om elektroniese soektogte na die name te vergemaklik), al die fotos
wat in vol 1 verskyn, en 'n insiggewende grafiese voorstelling van die
eerste 5 geslagte van die Therons.
Die prys van die volledige
stel (twee boeke plus kompakskyf) is R425 (plus R50 vir posgeld en verpakking,
binnelands en R170 buitelands). Lewenslange lede van die Hugenote-Vereniging
van SA kan die stel aankoop teen 'n prys van R300 (plus posgeld en verpakking, R50 binnelands en R170 buitelands); gewone lede
van die Hugenote-Vereniging van SA kan die stel aankoop teen 'n prys van R380 (plus R50 vir posgeld en verpakking binnelands en R170
buitelands). Bestellings kan geplaas word by die
Hugenote-Vereniging
van SA waar besonderhede oor inbetalings in die bankrekening van die
Hugenote-Vereniging beskikbaar is. |
.
|
CILLIÉ:
RHEBOKSKLOOF EN SY MENSE
Die
familiekroniek Cillié: Rhebokskloof en sy mense verskyn as
publikasie no 4 in die Genealogiereeks van die Hugenote-Vereniging van
Suid-Afrika. Dit is die nuwe verbeterde en bygewerkte familiegeskiedenis
van die Cillié-familie in Suid-Afrika deur dr Andrew Kok. Dit beslaan
360 bladsye en die geskiedenis en genealogie van elk van die tien kinders
van Petrus Johannes Cillié van Rhebokskloof, Wellington, sowel as
die nasate van Johannes Arnoldus Cillié van Pampoenkraal, Porterville,
word behandel. Die publikasie word ryklik aangevul met biografiese besonderhede
en fotos van ‘n groot aantal familielede.
Die boek gaan saam met ‘n
kompakskyf wat die naamindeks van die register bevat,wat elektroniese soektogte
na name sal vergemaklik, sowel as fotos van sowat 1000 individue wat in
die register aangeteken is, sowel as fotos van vele Cillié reunies.
Die prys van die volledige
stel (boek en kompakskyf) is R210 (plus R50 posgeld en verpakking binnelands
en R170 buitelands). Lewenslange lede van die Hugenote-Verenging van SA
kan die stel aankoop teen ‘n prys van R140 (plus R50 posgeld en verpakking
binnelands en R170 buitelands); gewone lede lede van die Hugenote-Verenging
van SA kan die stel aankoop teen ‘n prys van R180 (plus R50 posgeld en
verpakking binnelands en R170 buitelands). Vir bestellings van tien of
meer boeke is die prys R140 (plus posgeld).
Bestellings kan geplaas
word by die
Hugenote-Vereniging
van SA waar besonderhede oor inbetalings in die bankrekening van die
Hugenote-Vereniging verkry kan word.
|
C
Die
Labuschagne Gedenkboek
Die Franse Voorouers
van die Labuschagne Familie
Hierdie
boek het tot stand gekom in verband met die jubileumviering in Paarl ter
herdenking van die aankoms van Pierre Labuscaigne, die stamvader van alle
Labuschagnes, op 14 Mei 1711 in die Kaap van Goeie Hoop. Dit is ’n beskrywing
van hulle voorgeskiedenis en in dié opsig is dit ’n studie oor die
tragiese lotgevalle van Hugenote-families. Die outeur, prof Casper Labuschagne,
gee ’n insiggewende oorsig van die gewelddadige onderdrukking van andersdenkendes
deur die Rooms–Katolieke Kerk in noue samewerking met die Franse staat,
met as absolute laagtepunt die vervolging van die Hugenote. Daarby word
ook gefokus op die wreedhede wat toegepas is om hulle hul geloof te laat
afsweer, of as martelaars te sterf, of te vlug.
Hy doen tewens uitgebreid
verslag van sy jarelange navorsing en soektog na die plekke waar die voorouers
gewoon het en van die verrassende ontdekking van argiefstukke in Frankryk,
Duitsland en Nederland. Op grond daarvan kon hy die geskiedenis van sy
voorouers beskryf vanaf die begin van die 17de tot die aanvang van die
18de eeu.
Die prys van die boek is
R150 (plus R30 posgeld en verpakking binnelands en R70 buitelands). Lewenslange
lede van die Hugenote-Vereniging van SA kan die boek aankoop teen ‘n prys
van R100 (plus R30 posgeld en verpakking binnelands en R70 buitelands);
gewone lede lede van die Hugenote-Vereniging van SA kan die boek aankoop
teen ‘n prys van R120 (plus R30 posgeld en verpakking binnelands en R70
buitelands). Vir bestellings van tien of meer boeke is die prys R100 (plus
posgeld).
Bestellings kan geplaas
word by die
Hugenote-Vereniging
van SA waar besonderhede oor inbetalings in die bankrekening van die
Hugenote-Vereniging beskikbaar is.
Die boek is in Engels in
e-boek formaat beskikbaar; vir besonderhede, klik
hier. |
Die
Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988
"Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988"
is geskryf deur prof Pieter Coertzen vir die 300-jarige
herdenking van die aankoms van die Hugenote in Suid-Afrika. Dit word allerweë
beskou as dié standaardwerk oor die geskiedenis van die Hugenote
in Suid-Afrika.
Die boek beskryf die opkoms van
die Gereformeerde Kerk in Frankryk tot die middel van die 16de eeu; die
lewe van die Hugenote in Frankryk onder die kruis van vervolging; hul oortog
en aankoms aan die Kaap van Goeie Hoop (met die grootskaalse immigrasie
wat plaasgevind het in die jare 1688-1689); hul vestiging aan die Kaap
van Goeie Hoop, en hul bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrika.
Die boek is ryklik geïllustreer
met argivale dokumente en afbeeldings, en bevat 'n volledige lys van alle
Hugenote wat na die Kaap van Goeie Hoop geëmigreer het, hul plek van
herkoms, die boot waarmee hul gereis het, die datum van aankoms, en die
plek van vestiging aan die Kaap, en besonderhede van die gade(s).
Die boek beslaan 187 bladsye,
is voorsien van 'n hardeband, en kos R140 plus R40 posgeld en verpakking
(binnelands). Bestellings kan geplaas word by die Hugenote-Vereniging
van SA waar besonderhede van buitelandse posgeld ook beskikbaar is. Die boek is ook beskikbaar
in Engels; vir besonderhede, klik hier. |
Volgende bladsy: Die
Hugenotemonument:
Tuisblad.
|