Hugenote Vereniging van SA

Die Hugenote Gedenkmuseum te Franschhoek

Die verhaal van die Hugenote aan die Kaap begin met die moeilike geskiedenis van godsdiensoorloŽ en vervolging in Frankryk gedurende die sestiende eeu. Dit was hoofsaaklik tussen 1688 en 1689 wat ‘n klein getal via die Hollandse Republiek na die Kaap gevlug het. Hul vlug oor berge en see om ‘n nuwe lewe en tuiste in ‘n vreemde land te vestig word gereflekteer in die ondervinding wat vlugtelinge regoor die wÍreld oor verskillende tye ervaar.



Die nuut heringerigte uitstallings verbind die plaaslike Hugenote geskiedenis met globale kwessies van vervolging, bannelinge, behoort, identiteit en die nalatenskap van vreemdelinge in hul nuwe tuisland.

‘n Sorgsame uitstalling van die versameling meubels, Bybels, silwerware, portrette, porselein en argiefdokumente verskaf ʼn beeld van die Hugenote se bestaan aan die Kaap. Elke artefak kan op verskeie vlakke interpreteer word en reflekteer die styl se historiese agtergrond en grondtemas.

Elke uitstalkamer het ’n kern grondtema. Die tydlyn en vorm die ruggraat van die museum. Langs die roete Hier is daar, onder andere, ʼn Nederlandse muurhorlosie gemaak deur ʼn Hugenote-nasaat en die uitbeelding van ander belangrike gebeure in die Franse godsdiensoorloŽ, geplaas teen die agtergrond van die Hugenote se lang stryd om die protestantse geloof in Frankryk te beoefen. Hierdie geskiedenis van vervolging word in perspektief geplaas teenoor die statistiek van ander plaaslike en globale vervolginge deur die eeue. Die ander uitstalkamers vertak uit die tydlyn en beeld ander aspekte uit van die Hugenote se verhaal aan die Kaap.

Op vlug beklemtoon die wedervarings, nalatenskap en assimilasie van die Hugenote, wat noodgedwonge na verskeie uithoeke van die wÍreld moes vlug om te kon oorleef. Die subtiele klankbaan neem die besoeker van die dek van ʼn skip tydens ʼn storm na die kalmer, dog steeds onrustige, waters met die aankoms aan die Kaap. Baie het ter see gesterf. Daar is ʼn lys van die aankomelinge en sommige handtekeninge, saamgestel uit argiefdokumente om as herinnering vir hulle nasate te dien. 

Heilige Skrifte: Nederlandse en Franse Bybels en psalmboeke was van die belangrikste items wat die Hugenote saamgebring het of wat hulle aan die Kaap gekoop het. Die verhaal van hierdie Bybels gaan nie net oor die besit van ʼn Bybel of geloofsvryheid nie, maar ook oor die mag van die drukpers om die Christendom in Europa en Suider Afrika uit te brei. Hierdie antieke Bybels is die inspirasie van die “vlieŽnde Bybel-ikone” wat in verskeie ruimtes vertoon word. 


Tuiste: Nadat hulle in die onherbergsame grensgebiede gevestig is, het die Hugenote nuwe identiteite afgebaken ten opsigte van die VOC-owerhede, die mede-vryburgers, die inboorlinge van die gebied en die Oosterse slawe wat hulle later besit het. Hulle verhale binne hierdie landskap is op ʼn komplekse wyse bepaal deur faktore soos sosiale status, integrasie en laagvorming. Die porselein en die stoel-artefakte demonstreer hierdie gelaagde kompleksiteit. 


Familie: Die familiebande — wat in Frankryk agtergebly het of diť van die nuwe tuiste – was hoofsaak vir elke vlugteling. Die bande strek oor geslagte heen en deur plaaseienaarskap oor landskappe. Hekelwerk en dooprokke is die tasbare tekens van familiebande en maatskaplike verhoudings.

NalatenskapIn die smeltkroes van die verskillende kulture in Suid-Afrika het die Hugenote ʼn rol gespeel in die ontwikkeling van taal, godsdiens, kuns en kultuur en die wynmaaktradisie aan die Kaap. Daar is ʼn muur vol portrette van Hugenote-nasate, bekend en onbekend. Die klein familie-erfstukke wat in die laaie bewaar word, is simbole van die onthou en die vergeet van ʼn erfenis. 

DIE SAASVELD-GEBOU

Die museum is ingerig in die herboude Saasveld-gebou, die elegante 18de eeuse huis van Baron Willem Ferdinand van Reede van Oudsthoorn. Hy het die huis omstreeks 1791 op sy grond naby die huidige Kloofstraat in Kaapstad laat bou. Die naam is afgelei van die Saasveld Kasteel wat sedert die 14de eeu deur die van Reedes in die ooste van Nederland besit word. Die argitek was waarskynlik die Fransman Louis Michel Thibault en die versierings op die gebou is deur die welbekende beeldhouer Anton Anreith gedoen. 


In 1954 het die NG Gemeente Kaapstad besluit om die gebou te sloop en ‘n jeugherberg daar te bou. Pogings om die sloping te keer was onsuksesvol. Daar is toe voorgestel om die gebou Írens anders te herbou. In 1957 is daar ingestem om die Saasveld-gebou langs die Hugenote Monument in Franschhoek te herbou as ‘n museum waarin die Hugenote-verhaal vertel kan word. Voordat die aftakeling begin het, het die argitek en UK-professor Pryce Lewis en sy studente die gebou opgemeet en die planne herteken. Foto’s is geneem, sekere dele is bewaar en bakstene is almal genommer. Daar word deur baie gereken dat dit die eerste keer was dat in Suid-Afrika ‘n gesloopte huis herbou is tot sy oorspronklike toestand in ‘n nuwe omgewing.   

  

Die museum is in 1967 geopen en in 2018/9 is die uitstalling vir die eerste keer beduidend verander. Die amptelike opening was op 13 April 2019 – 331 jaar na die aankoms van die eerste groep Hugenote en ook op die dag van die Herroeping van die Edik van Nantes wat in 1598 onderteken is.