| In 1954 het die Ned. Geref.
gemeente Kaapstad besluit om die gebou te sloop om 'n jeughostel in die
plek daarvan te bou.
Pogings om die sloping te
verhinder, was onsuksesvol. Hierop is voorgestel om die huis elders op
te rig. In 1957 is met die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika
ooreengekom om Saasveld in Franschhoek te herbou langs
die Hugenotemonument, en dit as Hugenote Gedenkmuseum te gebruik. Elke
baksteen
is genommer en na die vervoer daarvan na Franschhoek, op sy
oorspronklike
plek in die gebou ingemessel. Die museum is op 11 Maart 1967 ingewy.
|
Voorportaal van die
Hugenotemuseum
|