Inleiding
 |
Viljoen is 'n bekende van van Hugenote
oorsprong. Elkeen wat met dié van gebore is, is 'n afstammeling
van die stamouers, Francois Villion en Cornelia Campenaar,
wat in 1676 aan die Kaap van Goeie Hoop getroud is.
Die spelling van die van het algaande
verander van die oorspronklike Villion of Vilion en Viljon, na die huidige
Viljoen.
Die oorgrote meerderheid Viljoens is woonagtig
in Suid-Afrika (met 'n beraamde 25 000 lewende naamgenote), maar die van
het versprei na die res van Afrika, VSA ('n beraamde 200 afstammelinge),
Kanada, Australië, Nieu-Seeland, ens. |
|