VILJOEN
GENEALOGIE
Die Viljoen Familieregister
is in 1978 gepubliseer deur die RGN (Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing),
Pretoria, na afloop van die Viljoenfees wat in 1976 in Stellenbosch gehou
was, d.w.s. drie honderd jaar nadat die stamouers, Francois Villion (van
Clermont, Frankryk) en Cornelia Campenaar (van Middelburg, Nederland) aan
die Kaap van Goeie Hoop in die huwelik bevestig is. Dit is saamgestel deur
prof H Christo Viljoen. Die hele oplaag van die familieregister is binne
twee jaar uitverkoop.
'n Uiteensetting van die eerste geslagte
van die Viljoen familie kan gesien word deur hier
te klik.
Tans is die oorspronklike opsteller van
die Viljoen Familieregister besig met 'n opdatering van die
familieregister met die oog op die uitgee van 'n opgedateerde weergawe.
Sedert die oorspronklike familieregister verskyn het, het 'n hele nuwe
geslag Viljoens bygekom. Aanvullende navorsing na bepaalde vertakkinge
van die Viljoen familie het 'n aansienlike hoeveelheid nuwe inligting na
vore gebring, foute in die oorspronklike weergawe is gekorrigeer, en die
databasis bevat tans sowat 30 000 name. Voortaan word die name van kinders
van Viljoen vroue wat met iemand met 'n ander van getrou het, ook in die
databasis opgeneem.
Dit is nog nie bekend wanneer die opgedateerde
weergawe van die Viljoen Familieregister die lig sal sien nie. Intussen
word almal aangemoedig om om hul genealogiese inligting in te stuur vir
opname in die nuwe opgedateerde Viljoen Familieregister.deur 'n
genealogiese vorm in te vul vir elke manlike Viljoen in hul tak van die
familie. Die betrokke vorm kan afgelaai word deur hier
te klik. Die instruksies op die vorm is selfverduidelikend.
'n Verkorte Viljoen genealogie vir die
eerste ses geslagte kan gesien word by "My
Heritage"
Voorblad.
|