|
VILJOEN
FAMILIEBOND POSLYS
Die
Viljoen
Familiebond poslys is die internet weergawe van die voormalige
Viljoen
Familiebond wat ten tye van die Viljoenfees van 1976 in Stellenbosch
gestig is, maar in die tagtigerjare tot 'n einde gekom het. Die poslys
handel in die eerste plek oor die Viljoen genealogie met die oog op die
opdatering van die "Viljoen Familieregister" wat in 1978 gepubliseer is
(klik
hier vir meer besonderhede), maar ook oor nuuswaardige gebeurtenisse
aangaande die uitgebreide Viljoen familie.
Enigeen kan aansluit by die Viljoen Familiebond
poslys deur 'n e-pos te stuur aan viljoen-familiebond-subscribe@yahoogroups.com
of deur besoek te bring aan die webwerf van die gespreksgroep wat gesien
kan word deur hier
te klik en die instruksies aldaar te volg. Die moderator van die poslys
sal alle egte aansoeke goedkeur ('n prosedure wat ongelukkig nodig is om
intekening op die poslys onder vals voorwendsels uit te skakel). Lidmaatskap
word nie slegs beperk tot indiwidûe wat die van Viljoen dra of gedra
het nie, maar alle belangstellendes is welkom om aan te sluit.
Ingeskrewe lede van die Viljoen Familiebond
poslys kan daarna aan die gesprekke deelneem deur 'n e-pos te stuur aan
viljoen-familiebond@yahoogroups.com
en wat dan outomaties aan alle ingeskrewe lede versprei sal word.
Lede moet hul eie lidmaatskap van die
poslys administreer, en kan bv. enige tyd uitteken van die poslys deur
'n leë e-posboodskap te stuur aan viljoen-familiebond-unsubscribe@yahoogroups.com Die poslys sal nie slegs gebruik word
vir die uitruil van genealogiese inligting nie, maar ook nuuswaardige berigte
van belang vir Viljoens bevat wat deur ingeskrewe lede voorsien word, bv
die geboorte van 'n nuweling, 'n huwelik, of ander inligting, bv oor Viljoens
wat in die nuus is. 'n Databank van familiefotos word mettertyd voorsien.
Kortom: die poslys skakel alle Viljoens oor die wêreld heen in een
gróót familie saam.
Sowel Afrikaans as Engels word op die
poslys gebruik volgens die taalvoorkeur van die lid.
Voorblad.
|